
Die Blouhuis — tussen Swellendam en Bredasdorp — is baie privaat en bied ‘n stil wegbreek vir natuurliefhebbers. Gaste kan gerus hul staptoerusting of bergfietse saambring om die uitgestrekte oop ruimtes van die plaas en die omgewing te verken.
Dit is ideaal vir paartjies wat alleentyd wil hê of gesinne of vriende wat weer die waarde van kwaliteit tyd wil herontdek.
Tafelberg is beslis nie die enigste rede hoekom Kaapstad so gewilde attraksie is nie.
Die mees suidelikste punt van Afrika is op die Blouhuis se voorstoep!
Kom skep asem by ons unieke plaashuis sonder (beurt)krag!
Die Blouhuis is jou ideale verblyfopsie as jy opsoek is na vars lug en stilte, die seelewe en wit duine van De Hoop Natuurreservaat wil geniet of die huis as ‘n oornagstop gebruik om die vele toeriste besoekpunte in die Overberg wil verken.
Dit sluit in:
Die tweeslaapkamer huis kan ‘n maksimum van vyf gaste akkommodeer. Daar is twee badkamers, een met ‘n stort en een met ‘n romantiese pantoffelbad, plus nog ‘n aparte toilet.
Die Blouhuis het geen elektrisiteit maar is vir u gemak toegerus met:
Kraakvars wit linne, handdoeke, kerse en jou eerste mandjie braaihout word voorsien. Pak asseblief u eie swemhanddoeke.
