Loader

WELKOM OP ONS PLAASWERF.

Wil jy die natuur kom indrink of meer leer van ons boerdery? Kom skop skoene uit by ons ou-styl plaashuis met ‘n modern aanslag: Die Blouhuis.

GRAANBOERDERY

Kontantgewasse van koring, gars en kanola word voor die winterreënseisoen geplant.

SKAAPVERTAKKING

Van As Boerdery se dubbeldoel Dohne-Merino skape word vir wol- en vleiskwaliteite geklas.

BEWARINGSLANDBOU

Om volhoubaar te kan boer span ons moderne boerderymetodes in.

LUUKSE PLAASVERBLYF MET ‘N TIKKIE ANDERSHEID.

Kom skep asem by ons unieke plaashuis sonder (beurt)krag!

 

Die Blouhuis is jou ideale verblyfopsie as jy opsoek is na vars lug en stilte, die seelewe en wit duine van De Hoop Natuurreservaat wil geniet of die huis as ‘n oornagstop gebruik om die vele toeriste besoekpunte in die Overberg wil verken.

9.4

Waarde vir geld

9.7

Gasvryheid

9.4

Netheid

9.4

Gemak

Home Image

GENIET DIE EENVOUD VAN DIE LEWE IN ‘N OU PLAASHUIS SONDER ELEKTRISITEIT.

Die tweeslaapkamer huis kan ‘n maksimum van vyf gaste akkommodeer. Daar is twee badkamers, een met ‘n stort en een met ‘n romantiese pantoffelbad, plus nog ‘n aparte toilet.

Die Blouhuis het geen elektrisiteit maar is vir u gemak toegerus met:

  • ‘n Gasstoof;
  • Gas yskas met vriesspasie;
  • Twee sonkrag warmwatertoestelle
  • ‘n Herlaaibare lig;
  • Binne- en buitebraai; en
  • ‘n Addisionele buitelugstort.

 

Kraakvars wit linne, handdoeke, kerse en jou eerste mandjie braaihout word voorsien. Pak asseblief u eie swemhanddoeke.

Kontak ons

Adres:
Vergenoeg Plaas, Swellendam, 6720

Heleen van As:
084 655 6006

E-pos:
Die Blouhuis

LG van As:
082 698 6397

Ons is ‘n familieboerdery geleë in die hart van die Overberg buite Swellendam.